Skip to the content
Dubbel klik vir vol skerm

CAMPVIEW

Oorweeg jy dit om ATKV-Drakensville te besoek?
Wonder jy hoe dit hier by ons lyk?
Nou het jy die geleentheid om die oord uit die gemak van jou eie huis te ervaar met Campview se 360 virtuele toer. Loer gerus hier om te sien hoe jou eenheid of staanplek lyk en wat die oord het om te bied. Hierdie virtuele toer maak jou vakansiebeplanning selfs nog makliker.

ATKV-Drakensville Vier-bed-huis

Hierdie volledig toegeruste twee- en viersterhuise bestaan uit twee slaapkamers, ’n kombuis, sitkamer, toilet en badkamer en kan tot en met vier mense gemaklik akkommodeer.

ATKV-Drakensville Twee-bed-woonstelle

Ons driesterwoonstelle het een slaapkamer met óf ’n dubbelbed óf twee enkelbedjies, ’n oopplankombuis met ’n eethoek, asook ’n en-suite-badkamer met ’n stort. Die woonstelle is volledig toegerus met messegoed, ’n yskas, ’n tweeplaatstoof, en ’n mikrogolfoond.

ATKV-Drakensville Ablusieblok

Drakensville het ’n moderne, onlangs opgeknapte ablusieblok wat die kampterrein bedien. Buiten vir die storte, baddens, en toilette bied die blok ook opwasgeriewe. Die ablusieblok is rolstoelvriendelik.

ATKV-Drakensville Swembad

Nie lief vir koue water nie? Moenie bekommerd wees nie! Ons onderdak  swembad is perfek vir daardie effense koelerige lente en herfs dae – óf selfs ‘n winter wegbreek.