Skip to the content

Privaatheidsbeleid

ATKV-Sake Edms. Bpk. (“ons” of “ATKV-oorde”) is daartoe verbind om die privaatheid te beskerm van alle besoekers van ons webtuistes, atkvoorde.co.za en atkvresorts.co.za, (insluitende hierdie domeinnaam en alle bladsye wat aan hierdie domeinnaam geheg is), asook die privaatheid van alle besoekers wat toegang tot ons webwerf of dienste verkry deur middel van enige mobiele toepassing (saam, “webwerf”). Lees asseblief die volgende privaatheidsbeleid waarin verduidelik word hoe ons u inligting gebruik en beskerm.

Deur hierdie webwerf te besoek en/of produkte/dienste daardeur te bestel, stem u saam met (en waar dit verlang word) verleen u toestemming tot die verkryging, gebruik en oordrag van u inligting soos wat dit uiteengesit is in hierdie beleid.

1. INLIGTING WAT ONS VAN U VERKRY

Wanneer u die webwerf besoek of ’n bestelling deur die webwerf maak, kan u gevra word om inligting oor uself te verskaf wat u naam, kontakbesonderhede en betaalbesonderhede soos u krediet- of debietkaartinligting kan insluit. Ons kan ook inligting van u verlang oor u gebruik van die webwerf, en inligting verkry uit die boodskappe wat u op die webwerf plaas en die e-posse of briewe wat u aan ons stuur.

Wanneer u toegang verkry tot inligting en/of die produkte van die ATKV-oorde deur middel van mobiele digitale roetes soos (maar nie beperk nie tot) mobiele toestelle, ’n tablet of ander toestelle/tegnologie insluitend mobiele toepassings moet u verwag dat die dataverkryging en datagebruik van die ATKV-oorde soos wat dit uiteengesit is in hierdie privaatheidsbeleid ook in hierdie verband van toepassing is.

Ons kan tegniese inligting soos byvoorbeeld liggingsdata vanaf u mobiele toestel verkry of van u gebruik van ons dienste. Die inligting kan ook insluit sekere eienskappe van (en prestasiedata oor) u toestel en die draer/bedryfstelsel met inbegrip van u toestel en verbindingstipe, IP-adres, mobiele betalingsmetodes en interaksie met ander kleinhandelstegnologie soos die gebruik van NFC Tags, QR Codes of mobiele koepens. Hierdie inligting kan deur ons verkry en outomaties gebruik word as u u mobiele toestel vir die dienste gebruik via enige mobiele toepassing van die ATKV-oorde deur u selfoonblaaier of andersins tensy u verkies het om anoniem te bly deur u toestel en/of platformstellings.

Ons mag tegnologie gebruik om sekere dienste te verskaf wat staatmaak op toestelgebaseerde liggingsinligting met behulp van GPS, Wi-Fi Hotspot en telekommunikasienetwerkplekke. As u die toestel wat u gebruik om toegang tot die webwerf van die ATKV-oorde te verkry, in staat gestel het kan ons u liggingsdata verkry, gebruik, oordra, verwerk en behou insluitend maar nie beperk nie tot die geografiese ligging van u toestel en inligting om die dienste te kan verskaf wat u van ons gevra het, asook om die funksionering van ons webwerf en ons dienste te verbeter. Ons voorsien die liggingsdata wat ons van u verkry het aan ons vakansieoorde en ook aan derdepartydiensverskaffers wat noodsaaklik is om aan u bestellings en versoeke te kan voldoen. Ons gebruik slegs liggingsdata waaruit u geïdentifiseer kan word vir die verskaffing van dienste wat versoek is. Ons sal enige liggingsdata wat ons van u ontvang het verwyder en anoniem afstand daarvan doen nadat ons die dienste/produkte verskaf het wat u aangevra het op ons webwerf tensy daardie inligting benodig word om te voldoen aan toepaslike wette of om ’n geskil tussen u en ons te besleg. U kan enige tyd u toestemming tot ons gebruik en verwerking van u liggingsinligting terugtrek deur nie die liggingsgebaseerde funksies op die webwerf te gebruik nie en/of deur die  liggingstellings (soos van toepassing) op u toestel af te skakel. Ons waarborg nie die beskikbaarheid, akkuraatheid, volledigheid, betroubaarheid of tydigheid van die liggingsdata of enige ander data wat deur u toestel of deur u gebruik van die webwerf gelewer word nie. Dit is u verantwoordelikheid om enige liggingsinligting te verifieer wat ons aan u mag verskaf as deel van u bestelling of gebruik van die webwerf.

2. GEBRUIK VAN U INLIGTING

U inligting sal ons in staat stel om u toegang te gee tot die toepaslike dele van die webwerf en om die dienste te verskaf wat u aangevra het. Dit sal ons ook in staat stel om u rekening te stuur en om u te kontak met betrekking tot ons dienste/produkte indien nodig. Ons sal ook die inligting wat ons verkry, gebruik en analiseer sodat ons ons besigheid daardeur kan administreer, ondersteun, verbeter en ontwikkel vir enige ander doel hetsy statisties of analities, en om bedrog te help voorkom. Waar toepaslik sal u nou en in die toekoms u voorkeure kan uitspreek vir die gebruik van u data soos uiteengesit in hierdie privaatheidsbeleid. U gekose metode vir die gebruik van ons dienste kan dan toegepas word soos byvoorbeeld deur mobiele toestelle, mobiele toepassings of enige voorstelling van ons webwerf.

Ons kan u inligting gebruik om u te kontak vir u mening oor ons dienste en om u van tyd tot tyd in kennis te stel van belangrike veranderings aan of ontwikkelings van die webwerf of ons produkte en dienste.

Waar u dienooreenkomstig aangedui het, stem u in dat ons u inligting mag gebruik om u per pos, telefoon, mobiele boodskappe (soos SMS’e, MMS’e, ens.) en e-pos in te lig oor ons ander produkte en dienste wat vir u van belang mag wees insluitende dienste wat direk bemark word.

Waar u dienooreenkomstig aangedui het, stem u in dat ons u inligting met derde partye kan deel (insluitende dié in die voedsel-, drank-, ontspanning-, bemarking- en reklamesektore) om u per pos, telefoon, mobiele boodskappe (soos SMS’e, MMS’e, ens.) en/of e-pos te kan inlig oor produkte en dienste wat vir u van belang mag wees; en dat ons die inligting wat ons verkry, kan analiseer om ons te help om ons produkte en dienste aan u te kan administreer, ondersteun en te ontwikkel en verbeter.

Indien u verkies dat ons nie u data op hierdie manier mag gebruik nie, of as u besluit dat u nie meer in die toekoms gekontak wil word nie, moet u ons asseblief in kennis stel deur die kontakbesonderhede hieronder te gebruik en/of om u profiel dienooreenkomstig te verander.

Let asseblief daarop dat u, deur die indien van kommentaar en terugvoer oor ons webwerf en dienste, toestemming aan ons verleen om die kommentaar en terugvoer op ons webwerf te mag gebruik asook in enige bemarkings- of reklamemateriaal. Vir hierdie doel sal ons u identifiseer deur net u voornaam te noem en die stad waarin u woon.

3. OPENBAARMAKING VAN U INLIGTING

Die inligting wat u aan ons verskaf, sal oorgedra word na ons bedieners en daarop gestoor word.

Derde partye verwerk inligting soos kredietkaartbetalings en voorsien betaalverwante ondersteuningsdienste aan ons. Dit mag nodig wees dat ons bykomend u inligting aan enige derdeparty-diensverskaffers moet voorsien indien dit verlang word om ’n diens te kan lewer wat deur u versoek word. Deur u persoonlike data in te dien, stem u in tot hierdie oordrag, stoor of verwerking van u data. Die ATKV-oorde sal alle stappe neem wat redelikerwys nodig is om te verseker dat u data veilig en in ooreenstemming met hierdie privaatheidsbeleid hanteer word.

As u toestemming verleen het, mag ons sorgvuldig geselekteerde derde partye, insluitend bemarkings- en reklamemaatskappye, ons geaffilieerdes en vennote, toelaat om u van tyd tot tyd per telefoon, SMS en/of e-pos in te lig oor dienste wat vir u van belang mag wees. As u besluit dat u nie meer in die toekoms gekontak wil word nie, moet u ons asseblief in kennis stel deur die kontakbesonderhede hieronder te gebruik en/of om u profiel dienooreenkomstig te verander.
Indien ons besigheid toetree tot ’n gesamentlike onderneming, aankoop of verkoop word of saamsmelt met ’n ander besigheidsentiteit mag u inligting bekend gemaak word of oorgedra word na die teikenmaatskappy, ons nuwe sakevennote of eienaars of hulle adviseurs.

Ons mag die inligting wat u aan ons verskaf, gebruik indien ons verplig word om u inligting te openbaar of te deel om te voldoen aan (en/of waar ons glo ons is verplig om te voldoen aan) enige wetlike verpligting; of om die bepalings van ons webwerf en enige ander ooreenkomste toe te pas; of om die regte van die ATKV-oorde, vennote en andere te beskerm. Dit sluit in die uitruil van inligting met ander maatskappye en ander organisasies vir beskerming teen bedrog en die voorkoming van bedrog.

4. SEKURITEIT EN DATAWEERHOUDING

Ons neem die nodige stappe om u inligting te beskerm teen ongemagtigde toegang en teen onwettige verwerking, toevallige verlies, vernietiging en skade. Ons sal u inligting vir ’n redelike tydperk hou of vir so lank as wat die wet vereis.

Indien u ’n wagwoord gekies het wat u toelaat om toegang tot sekere dele van die webwerf te verkry, is dit u verantwoordelikheid om hierdie wagwoord vertroulik te hou. Ons raai u aan om nie u wagwoord met enigiemand te deel nie.

Ongelukkig is die oordrag van inligting via die Internet nie heeltemal veilig nie. Alhoewel ons stappe neem om u inligting te beskerm, kan ons nie die sekuriteit van u data waarborg wat na die webwerf toe oorgedra word nie; enige oordrag is op eie risiko. Sodra ons u inligting ontvang het, pas ons streng prosedures en sekuriteitsmaatreëls toe om ongemagtigde toegang te probeer voorkom.

5. TOEGANG EN BYWERKING

U het die reg om die inligting wat ons oor u besit (“Toegangsversoek”), te sien en ons te vra om enige veranderings aan te bring om te verseker dat dit akkuraat en op datum is. Om so ’n versoek te rig, kontak ons ​​asseblief deur die kontakbesonderhede hieronder te gebruik. As u ’n toegangsversoek rig, behou ons die reg voor om ’n fooi van ses euro en vyf en dertig sent te hef (€ 6,35) om ons koste te dek vir die voorsiening van die inligting waaroor ons beskik.

6. VERANDERING VAN ONS PRIVAATHEIDSBELEID

Enige veranderings aan ons privaatheidsbeleid sal op die webwerf geplaas word en, waar toepaslik, sal kennisgewings per e-pos gestuur word

7. KONTAKBESONDERHEDE

Alle kommentaar, navrae en versoeke rakende ons gebruik van u inligting word verwelkom en moet gerig word aan oordedigitaal@atkv.org.za of skakel ons by telefoonnommer +27 11 919 9000.

8. Privaatheid en Artikel 18 van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 2013

Die bepalings en voorwaardes moet saam met die volgende ATKV Groep- (Afrikaanse Taal- en Kultuurorganisasie-) dokumente gelees word:

  • Privaatheidbeleid (Skakel gaan na https://atkv.org.za/media/4108/privaatheidsbeleid_finaal_virweb.pdf);
  • Privaatheidsregulasies (Skakel gaan na https://atkv.org.za/media/4109/privacy-regulation-msw.pdf); en
  • die PAIA- en POPI-handleiding (Skakel gaan na https://atkv.org.za/media/4107/atkv-group-paia-and-popia-manual.pdf).

Al bogenoemde beleide is op die ATKV-MSW se webblad gepubliseer. (Sien skakels hier bo.)

Die ATKV versamel op verskeie maniere private individue en regsentiteite [hierin na verwys as datasubjek(te)] se persoonlike inligting. Die inligting wat versamel word, is in sekere omstandighede wel persoonlike inligting, soos in die bogenoemde wet geïdentifiseer. Hiermee gee die ATKV Groep kennis dat hulle die verantwoordelike party is, met hul besigheidsadres te h/v Dover- en Surreystraat, Ferndale, Randburg.

Die inligting word versamel om aan die volgende te voldoen, naamlik statutêre vereistes, veiligheidsprotokolle, logistieke behoeftes, bemarkingsvereistes en die bevordering van die ATKV Groep se missie. Slegs die verskaffing van persoonlike inligting vir bemarkingsdoeleindes is vrywillig van aard en kan geweier word. Alle ander persoonlike inligting wat versamel word, om aan die bogemelde oogmerke te voldoen, moet verskaf word, en indien die datasubjek dit weier, sal die ATKV nie die bepaalde diens en/of voordeel kan lewer nie.

Verder vestig ons u aandag op die feit dat die ATKV, in bepalings van die volgende wette, naamlik, Rampbestuur, Maatskappye en Beskerming van Persoonlike Inligting, verplig word om inligting in te win.

U inligting sal gedeel word met derde partye wat in die volgende sektore, naamlik, versekering, telekommunikasie, ens. handel dryf.

U, as datasubjek, het die volgende regte:

  • Om beswaar teen die versameling van persoonlike inligting, soos in Artikel 11(3) van die Wet bepaal, te maak;
  • O toegang te hê tot die persoonlike inligting soos versamel;
  • Om verkeerde persoonlike inligting reg te stel; en
  • Om klagtes by die inligtingsreguleerder te lê, welke kontakbesonderhede die volgende is:
    • Hoofdstraat 33, Forum III, 3de vloer, Braampark, Johannesburg, Gauteng.
    • E-posadres: complaints.IR@justice.gov.za