Skip to the content

Dagbesoekers vir ATKV-lede sal na gelang van kapasiteit op oorde toegelaat word

  • Dagbesoek word slegs aan ATKV-lede toegestaan, wat vooraf (die Woensdag voor aankoms) hulle bespreking moet maak.
  • Betaling moet saam met bespreking gedoen word.
  • Familie en vriende kan met ad hoc-geleenthede toegelaat word om gedurende seisoentye te bespreek en net ʼn beperkte aantal besprekings word toegelaat, naamlik vyf. Dit kan slegs oorweeg word as besetting minder as 80% is en besprekings kan slegs op die Woensdag voor ʼn naweek gemaak word. Betaling moet voor aankoms by die oord gedoen word. Gedurende skoolvakansies kan die oord self besluit of nog besprekings toegelaat kan word, na gelang van besetting op die oord.
  • As jy besoekers tydens jou verblyf wil ontvang, moet die besoek vooraf gereël word by Ontvangs gedurende kantoorure.
  • Nie meer as agt persone per verblyfeenheid of kampeerstaanplek word as besoekers toegelaat nie.  

Lede wat inbespreek is op ‘n oord, sal dagbesoekers kan nooi gebasseer op beskikbare kapasiteit. As jy besoekers tydens jou verblyf wil ontvang, moet die besoek vooraf gereël word by Ontvangs gedurende kantoorure.