ATKV Drakensville | Selfsorg Akkommodasie | Konferensie Oord | Karavaan en Kampeering | Vakansie Oord | Drakensberg
 

 

 

 
 
 
  
 
    Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Omgewingsentrum
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir besprekings
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Skakels
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid


Jou Naam :
Vriend se Naam :
Vriend se Email :




ATKV-Drakensville Vakansieoord

GPS-koördinate: 28º36'38.6" S / 29º07'38.6" E

’n Rapsie meer as drie uur se ry vanaf Johannesburg en Bloemfontein, en sowat twee en ’n half uur vanaf Durban, lê ATKV- Drakensville, die wegbreekparadys by die berge. Dié oord, aan die voetheuwels van die majestueuse Drakensberg Amfiteater geleë, het ’n panoramiese uitsig op die Noordelike Drakensbergreeks, wat ’n internasionale wêrelderfenisgebied is.

Hier geniet gaste die oopheid van die natuur en ook die groot verskeidenheid buitelugaktiwiteite wat ATKV-Drakensville bied. Daar is besondere historiese bakens in die onmiddellike omgewing en natuurlik van die verruklikste natuurtonele denkbaar.

Huisvesting wissel van selfsorgwoonstelle tot volledig toegeruste agtbedgesinshuise. Daar is ook woonwa- en kampeerfasiliteite met vyfster-ablusieblokke wat almal tuis sal laat voel. Vir skole en sosiale groepe is daar ’n jeugtuiste met ’n volledig toegeruste kombuis vir selfsorg.

Moenie die aktiwiteite, soos die foefieglybaan, perdry, abseil, boogskiet en verfbal, misloop nie. Kom besigtig die wêreldbekende Amfiteater vanuit ons wonderlike onderdak-warmwaterswembad en glybaan – ’n eerste in die berge.

Die Omgewingsentrum bied opwindende ontwikkelings- en spanbouprogramme vir skool-, avontuur- en sportgroepe, asook jeugkampe. ATKV-Drakensville is ook een van die geakkrediteerde omgewingsentrums vir skole in Suid-Afrika.

TOEKENNINGS

  • AA Verblyftoekenning-finalis 2002
  • AA Hoog Aanbeveel 2002
  • AA Verblyftoekenning-finalis 2003
  • AA Verblyftoekenning-finalis 2004
  • AA Verblyftoekenning-finalis 2005
  • AA Hoog Aanbeveel 2005
  • AA Toekeninngs Semi-finalis 2010
  • Top 100 Oorde 2002
  • Top 100 Oorde 2003
  • Top 100 Oorde 2004
  • Top 100 Oorde 2005
  • Diners Club-merietetoekenning 2002

 


 


 


 


 

 


 

 

 Terme en voorwaardes [kliek hier] 



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]