Akkommodasie
    ATKV-Lidmaatskap
    Besienswaardighede
    Besoekersvoorwaardes
    Besprekings bepalings en voorwaardes
    Besprekingsversoek (aanlyn)
    Besprekingsversoek (drukbaar)
    Dagbesoekers (slegs ATKV-lede)
    Dagboek
    Kiekiekyk
    Kontakbesonderhede
    Omgewingsentrum
    Ontspanning
    Oordplan
    Puntestelsel vir besprekings
    Reisigersinligting
    Restaurant
    Roetekaart
    Sê jou sê
    Skakels
    Spesiale Aanbiedinge en Promosies
    Tariewe
    Wat sê die besoekers
    Waterveiligheid
Wat sê die besoekers

22 Junie 2010

Bedanking vir 4x4 naweek

Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om julle hartlik te bedank vir die voorreg om weer saam met julle 'n 4x4 naweek te kon aanbied. Dit was vir my wonderlik om te weet ek kon enige tyd vir hulp vra, en daar was altyd iemand wat bereid was om te help. Baie dankie vir die wonderlike finansiële bydrae wat julle tot die naweek gemaak het.

Dit is spesiale mense soos julle, wat ons hande sterk maak en ons instaat stel om met suksesvolle fondswerwing in die behoeftes van die kinders van Morester te voorsien.

Ons spreek graag ons opregte dank en waardering vir die wonderlike gebaar teenoor julle uit.

Gaan voort om die Hande en Voete vir Jesus in die wêreld te wees.

Hartlike Kinderhuis Groete

Tina Lombard

 


 

 


 

14 Januarie 2010

Pieter, Gail, Riaan, Berna en Bradley

Dankie aan elkeen van julle wat ons verblyf by julle spesiaal gemaak het terwyl ons by julle gekuier het in Desember.

Daar is eintlik soveel oomblikke wat ons koester.

Dankie Riaan en Berna vir julle reëlings met die bespreking en dat als in orde was toe ons daar aangekom het. Dankie dat julle elke keer geluister het as ons 'n ekstra vraag of versoek gehad het. Dankie vir julle vriendelikheid en kuiers sommerso langs die pad, oppad iewers heen. Dankie Berna dat jy vir Bradley ingestaan het toe hy nie daar kon wees nie.

Bradley dankie dat jy van aand een vir ons gesorg het, seker gemaak het ons is veilig op die pad na julle toe, dat jy so laat vir ons gewag het, ons by die hek ontvang het, seker gemaak het die koshuis is in orde, dat jy elke aktiwiteit fun gemaak het,  saam gery en bo als ons almal aanvaar het net soos ons is.

Dis 'n mond vol maar ons bedoel dit uit ons harte!!!!!!!!!

Dankie Pieter en Gail vir die koeldrank endie lekkergoedpakkies met ons vertrek.

Pieter met so 'n span saam met jou is julle  verseker wenners en ons kom verseker weer kuier.

Vriendelike groete,
Cawood & Erica Kelbrick


12 Januarie 2009

 

Hallo Drakensville

Ek wil net vir julle baie dankie sê vir 'n wonderlike vakansie  by julle. DIE OORD IS TOPS !!

Dit was so lekker, dat ons weer die einde van die jaar wil terug kom,maar hierdie keer bring ons, al ons familie saam. Pieter, ek wil jou geluk wens:Ons was nou al by al die A.T.K.Vs en ons dink Drakensville is die beste.Die oord is netjies,mens sien nie eers ? papiertjie rond lê nie.Die tuine is pragtig versorg. Niks staan onnodig rond nie,alles het sy plekkie.

Dankie vir die skoon en netjiese geriewe by die swembaddens asook jul wassery. Dit was ? lekker bederf met die ‘housekeeper’ elke dag. Dankie vir jul hardwerkende personeel.(ek weet dit is nie die lekkerste werk op aarde nie).

Koekeloer, wat kan mens nou sê:Dit was werklik ? lekker plesier om saam met julle te kon “koek en tee” elke middag.

Pieter, jou personeel is wonderlik,vriendelik en netjies. Selfs tot by die perdry, het hulle vir Carla (my dogter) mooi gewys hoe om nou eintlik perd te ry.

Ek wil spesiaal dankie sê vir jou Pieter: dat jy ons geskuif het na Huis no.13, omdat ek ontevrede was met Huis no.61.Ek het baie lekker gebly.

DUISEND DANKIES !!!

Sien julle die einde van die jaar,lekker bly in die Drakensberg.

Groete
Hilde en Leon Oosthuizen


12 Januarie 2009  

Ons het seker elkeen 'n prentjie oor hoe dit in die hemel sal lyk. Maar hier op aarde het ek iets baie naby aan my idee van die hemel gesien.

Die naweek van 12 tot 14 September 2008 sal my altyd bybly as die naweek in die paradys. Waar is dit? By ATKV-Drakensville! Dit is die mooiste mooi wat ek im my 61 jaar nog ooit gesien het. Boonop maak die vriendelike personeel die ervaring neet nog mooier en lekkerder!

Baie dankie aan Pieter en Riaan van ATKV-Drakensville. Ons as gesin sal julle pretnaweek nooit vergeet nie!

Beulah van Wyngaard
Boksburg


Ons was vanaf 23/12 tot 27/12 by Drakensville. Wat 'n verrassing! Ek kan dit aanbeveel as u wil rus en lief is vir die berge. Baie dankie aan die personeel vir puik diens. dankie vir 'n fantastiese Kersete. Met die warmwater swembad wat amper voltooi is gaan dit in die winter baie vol wees. 'n Mooi 2008.
JOPIE ROBBERTSE [jrobbertse@lantic.net] - 2008-01-05 20:07:33.06

 

 



[Terug na die vorige bladsy][Terug na bo]