|
Roetekaart
Ideaal geleë en maklik bereikbaar, slegs ± 350 km vanaf Johannesburg, ± 400 km vanaf Bloemfontein en ±250 km vanaf Durban. Gaste kan afgehaal word by Montrose wat met "Intercity Coach" reis. Let daarop dat vooraf reëlings getref moet word.
AANWYSINGS VANAF JOHANNESBURG (± 3 - 3½ ure)
Neem die N3 na Durban. By Harrismith, neem die tweede afrit (Spur Village / BP Garage aan regterkant) Bethlehem N5. Ry vir ongeveer 4,5 km en draai links af by die afdraai - R712 Qwaqwa / Phuthaditjhaba - Alternatiewe roete Durban. Ry vir verdere 8,5 km en draai links af by die afdraai Bergville R74. ATKV-Drakensville Bergoord is ongeveer 43 km verder aan die onderkant van die Oliviershoekpas geleë. By die eerste kruising na die pas draai links. (Aan die regterkant sal daar 'n afdraai wees na die Noordelike Drakensberg). Ry 2 km en by die t-aansluiting draai regs. Ry vir nog 1 km en by die toegeeteken draai weer regs. Ry vir 'n verdere 2 km langs die kanaal totdat jy 'n bruggie bereik, draai links oor die brug en ATKV-Drakensville Bergoord se ingang is ongeveer so 100 m verder wees aan die regterkant.
AANWYSINGS VANAF DURBAN (± 2½ ure)
Neem die N3 na Johannesburg. Neem die Colenso / Bergville R74 afrit. (Dit is die eerste afrit na die Estcourt Shell Ultra City). Draai links en ry deur Winterton en dan deur Bergville. ATKV-Drakensville Bergoord is ongeveer 28 km vanaf Bergville. Draai regs by die padaanwysings na Drakensville / Drakensville Koekeloer en Drakensville Environmental Centre en Jagersrust Township. Ry 8 km verder met die pad, ATKV-Drakensville Bergoord se ingang sal aan die linkerkant wees.
AANWYSINGS VANAF BLOEMFONTEIN (± 3 - 3½ ure)
Neem die N1 vanaf Bloemfontein. By Winburg neem die Senekal N5 afrit na Harrismith. Draai regs op die R712 Qwaqwa / Phuthaditjhaba / Bergville pad - Alternatiewe roete na Durban. Ry 'n verdere 8,5 km en draai links af by die afdraai na Bergville R74. ATKV-Drakensville Bergoord is ongeveer 43 km aan die onderkant van die Oliviershoekpas pas geleë. By die eerste kruising na die pas draai links (Aan die regterkant sal die afdraai wees na die Noordelike Drakensberge). Ry 2 km en by die t-aansluiting draai regs. Ry vir nog 1 km en by die t-aansluiting draai weer regs. Ry 'n verdere 2 km langs die kanaal totdat u 'n bruggie bereik, draai links oor die brug en ATKV-Drakensville Bergoord se ingang is ongeveer 100 m verder aan die regterkant.
|