| |
Wat het die ander mense gesê
|
Weereens n wonderlike wegbreek in die winter skool vakansie. Ek dink julle moet net oplet na areas waar kinders baie berokke is. My kinders het gekla dat julle staff baie kort af met hulle praat. Geld reels nie vir dagbesoekers ook nie, b.v. duik, spring,bal speel en hardloop by die warm water binne swembad word nie toegelaat nie. Toesig was nie daar beskikbaar nie , en het ons maar uitgeklim en die swembad verlaat.
Martin Boshoff [aloamab@yahoo.com] - 2010-07-11 08:49:38.513
|
Sedert ek op 1 Maart 2010 by die ATKV aangesluit het, het ek nog nie my lidmaarskapkaart ontvang nie. My lidnr is : HK-REYN0368
Groete
Nora Reynecke [norar@tshwane.gov.za] - 2010-07-05 07:42:11.2
|
Naand, ons het bespreek vir die eerste week in Julie - 7bed, laat weet ons of daar 'n kaggel is,ens...
Dankie, Gerrit - Klerksdorp.
Gerrit R Fouche' [gerrit@clydeind.co.za] - 2010-06-24 19:49:44.967
|
Ek beplan 'n toer deur die land en wil graag as ATKV lid by die oorde oorbly maar kry by geen een van die oorde die tariewe of Roete "tabs"oopgemaak nie.Is daar dalk 'n probleem met die web bladsy of wat staan my te doen.Ek hoor graag van u.Baie dankie.
Hannes Rossouw [jjjrossouw@telkomsa.net] - 2010-04-14 20:47:05.247
|
Ek en my gesin was die naweek van 19 Feb. 2010 by Drakensville oord. Alles was baie aangenaam behalwe vir die volgende:
Reeds met ons aankoms word ons by die ingang in engels verwelkom.Daarna weer by die kroeg en so ook by die kaffee.Wat n teleur stelling. Ek sou dink dat n oranisasie wat opkom vir afrikaans beter aandag daaraan sou gee.Dankie dat ons nog op Hartenbos afrikaans kan beleef.
Neels Strydom
Neels Strydom [mwstr@mweb.co.za] - 2010-02-25 13:03:41.983
|
ek het gisteraand op "Kamp dit Uit" gesien hoe Mathys en Alexa op 'n stap roete was wat met 'n geplaveide padjie langs gaan. Ek weet nie of dit in jul oord was en of dit in die omgewing was nie. Dit het baie lekker gelyk en wil ook dit gaan doen. Ons beoog om nog in die jaar u oord te besoek.
Ansie Botha [abotha@eqstrafleet.co.za] - 2010-02-02 11:47:22.873
|
Ons gesin het ATKV Drakensville vanaf die 20ste tot 24ste Desember 2009 besoek. Ons het dit vreeslik geniet en sal verseker weer kom en graag kamp met die karavaan.
Ek wil graag spesiale vermelding maak van Suzaan Maritz wat gedurende die tydperk in die ontvangs gewerk het. Sy was ongelooflik vriendelik, aangenaam en hulpvaardig. Dit was wonderlik om sulke vriendelike diens te kry. Sy verdien 'n kloppie op die skouer.
Dit was egter vir ons 'n groot teleurstelling toe ons op die kop 10H00 by die hekke uitry om 'n oproep in engels te ontvang wat baie onvriendelik wil weet waar ons sleutel en afstandbeheer was, nadat ons dit alreeds 'n kwartier vroeer ingehandig het. Dit het behoorlik gevoel of iemand ons wegjaag. Ek besef ons was gedurende die besigste seisoen daar, maar was uit teen die bestemde tyd en het al die nodige reels nagekom.
Dankie
Esmarie Muller [esmarie16@vodamail.co.za] - 2010-01-14 18:23:15.013
|
In plaas van om die sokker tevier is dit nie dalk net moontlik om as 'n lid(langer as 10 jaar) net die geleentheid tekry om 'n Des vakansie by 'n ATKV oord van my keuse en verblyf van my keuse tehou nie. Doen elke jaar aansoek vir verblyf by Hartenbos, maar kry nie eens 'n antw terug nie, doen al aansoek in Jan maar daar is nooit plek of verblyf van my keuse nie.Betaal my ou fooitjie elke jaar. Wie kan help, moedeloos om tehoor, daar is nooit plek nie, ons sal u laat weet, of moet nood gedwonge in die kleiste rondaweltjie tussen die grootste gemors(altyd Engelse) so ver as moontik van die see af wees
Johan Jackson [johanj@howden.co.za] - 2010-01-12 14:59:27.747
|
Ons het plek bespreek die naweek van
9 - 10 April 2010 maar het nog geen e-pos ontvang om bespreking te bevestig nie. Besprekingsnommer: 26110
Gustav Theunissen [gustavt@telkomsa.net] - 2009-12-22 13:00:34.903
|
Ek het met die September 2009 skoolvakansie vir 'n week oorgebly in een van die woonstelle. Met die woonstel self kon ek geen fout vind nie, al "klagte" wat ek het is dat daar geen pakplek vir kruidenersware is nie. Almal kan nie bekostig om elke aand uit te eet nie en kan ook nbie op 'n daaglikse basis inkopies doen nie. My kruideniersware moes die hele week op die vloer staan, aangesien daar geen pakplek was nie. Ek dink daar kan beslis 'n plan gemak word om 'n kassie in die kombuisarea in te sit vir kruideniersware. Verder was dit 'n puik vakansie (ten spyte van die bittere koue) en was al die personeel uiters vriendelik. Die oord self is pragtig en my 6 jarige miesiekind kan nie wag dat ons weer gaan nie.
Dana Harmzen [dana@traxcom.co.za] - 2009-12-20 16:24:55.873
|
Ek en my Vrou het op Sondag 22 November oorgeslaap in karavaan oppad na Scottburgh die volgende oggend. Dis 'n instelling die afgelope 7 jaar om hier oor te slaap en in die restaurant te eet die aand. Ons het spesiaal gebel op aanbeveling van die Restaurant in 2008 en Kerrie en Rys bestel sodat dit voorberei sou word.
Ons het elke jaar die kos, Buffet, baie geniet en kon dit enigetyd aanbeveel. Ons het hierdie jaar ,n skok gekry om die volgende redes:
1. Die Kerrie en rys versoek is nie uitgevoer nie omrede 'n personeellid afwesig was ten spyte van die nota wat steed in die kantoor by restaurant was.
2. Die Buffet was hierdie jaar Beesvleis, gebakte aartappels, aartappel groente gereg (hoofsaaklik aartappel) en sous met ,n arm nagereg en vla.
3. Die prys was R65-00 per kop vir die afgewaterde spyskaart
Ons was bitter teleurgesteld om die afname in kwaliteit te ervaar in vergelyking met die vorige jare en die uitsien na die heerlike kerrie en rys voorheen beleef.
Did nodeloos om te se dat ons beslis nie weer die restaurant sal besoek nie en die gebruik van karavaan fasiliteite vir die oppad oornag dalk sal oorweeg maar eie kos koop in Harrismith.
Ons hoop dat die info nie op dowe ore sal val nie maar indien die Bestuur ernstig is om gehalte en kwaliteit na te streef, iets daaraan sal doen.
Groete
Theo & Annamarie Bezuidenhout (Bez0185)
FJT (Theo) Bezuidenhout [theob@lantic.net] - 2009-12-03 14:54:40.06
|
Ek het Greensleeves Gastehuis en wou op die web vir julle kyk om vir mense na jul te verwys en jul telefoon nommer te gee maar dit is nêrens op jul webpage. Help asseblief hiermee. Almal het nie altyd internet asseblief. Ons het Mei lekker gekamp toe ons kampkommedante was vir die Wegbreek Karavaan Klub
Alet Kleynhans [kleynhans@ohs.dorea.co.za] - 2009-11-17 08:48:54.607
|
Ek wil jul geluk wens met 'n puik oord! Die naweek van 14 nov 2009 was my 4de besoek die jaar.
Ons as familie besoek die oord spesifiek vir die puik binneshuise swembad. Ons voel dat iemand moet permanent diens doen by die swembad en toesien dat die reels toegepas word,veral naweke wanneer daar baie besoekers is. Kinders spring en duik, balle word gegooi, jy moet net koes vir al die hardlopende kinders al om die swembad wat gepaardgaan met 'n sprong in die swembad. Ek het begrip vir kinders se energie, maar voel daar is genoeg plek buite om te hardloop en spring. Sateraand was daar 'n groepe van 4 wat gerook en ook 'n bottel sterk drank gehad het, met glasies in die swembad gesit het, wat op die ou end ontaard het in 'n lawaai. Ons as gaste wil regtig nie inmeng met ander gaste en vra dat die reëls toegpas word nie.
'n Ander ding wat pla, hoekom is daar nie water in die aand by die badkamers by die binneswembad. Dit is die 2de geleentheid in die aand wat ons wou stort en die toilette gebruik, geen water, nodeloos om te meld, die toilette was teen die tyd onbruikbaar agv geen water.
Ek geniet nog steeds jul oord en sal dit weer besoek, bg is wel iets wat krap.
Wiesa Brits
wiesa brits senekal [senoog@skl.dorea.co.za] - 2009-11-16 08:52:59.84
|
Geagte mnr Olsen, dankie dat u dit onder ons aandag gebring het, ek self het dadelik ondersoek gaan instel, die nodige regstelling is reeds gedoen, om te verseker dat ander gaste nie ook dieselfde ongerief ervaar nie. Dankie
Pieter Du Toit [pieterd@atkv.org.za] - 2009-10-06 12:02:05.733
|
Vir 'n AA toekening behoort Drankensville nie waterpype te hê wat die ganse nag raas nie!
Ons was bespreek vir die nag van 3 Oktober 2009 vir verblyf vir 'n troue wat ons bygewoon het. Ek kon nie slaap met waterpype wat die heel nag gesuis het nie! Ek het 'n paar keer opgetaan en self die probleem probeer oplos deur die krane te inspekteur maar kon geen hond haar af maak nie. Die gevolg was dat ek om 3 vm Sondag oggend, 4/10/2009 steeds wakker gelê het. Ek het teen 3:30 vm besluit dis genoeg, my voertuig gepak en (steeds moeg van g'n slaap!) en huiswaarts gekeer. Ek sal beslis nie baie vinnig of maklik weer Drakkensville besoek nie, elk geval nie die 2 bed woonstelle nie. Wat my betref was dit 'n mors van geld en het ek eerder geweet wat wag het ek die uitnodiging na die troue van die hand gewys en rustig by die huis gebly. Dis geen grap om 300+ km af te lê na mens geen slaap gehad het nie.
Johnny Olsen [jolsen@metrorail.co.za] - 2009-10-05 08:48:45.2
|