WELKOM BY ATKV-DRAKENSVILLE

Skouspelagtige Drakensberge

Nuwe besprekings vanaf 22-25 Junie by ATKV-Drakensville.

Neem asseblief kennis dat daar vanaf 22-25 Junie ’n skoolgroep by ATKV-Drakensville sal wees.

In die lig hiervan sal die restaurant gedurende hierdie tyd gesluit sal wees. Gaste wat vir die tydperk van 22-25 Junie bespreek, word versoek om alternatiewe etereëlings te tref.

Die winkel sal egter steeds oop wees en die koskarretjie sal ook beskikbaar wees vir wegneemetes.

Net sowat drie uur se ry vanaf Johannesburg en Bloemfontein, en ongeveer twee en ’n half uur vanaf Durban, lê ATKV-Drakensville skilderagtig aan die voet van die majestueuse Amfiteater in die Drakensberge – ’n Unesco- Wêrelderfenisgebied wat wêreldwyd bekend is vir sy asemrowende skoonheid.

Hier, waar berge die horison ontmoet en vars berglug die siel verkwik, wag ’n vakansiebestemming wat rustigheid, avontuur en familietyd perfek kombineer. ATKV-Drakensville is omring deur ryk geskiedenis, ikoniese landmerke en ’n verskeidenheid toeriste-aantreklikhede wat elke besoek ’n ontdekking maak.

Akkommodasie

ATKV-Drakensville bied ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies en ’n volledig toegeruste kampeerterrein, wat voorsiening maak vir verskillende gesinsgroottes en -behoeftes. 

Fasiliteite

Die oord beskik oor die Koswerf-restaurant wat heerlike buffet- en à la carte-etes aanbied. Daar is ook vir jou gerief ’n OTM, drankwinkel, geriefswinkel en ’n skoonheidsalon op die perseel. 

Vermaak

Gaste kan onder meer warm binne- en buiteswembaddens, ’n koue buiteswembad, ’n waterglybaan, monsterskaak, minigholf, staproetes en ’n speletjieskamer geniet. Daar is ook ’n krieketnet en ’n gholf-oefenbof vir sportliefhebbers.